D.I.Y ................Verkort / Verlenging van stelsel | Installasie | Uithaal | Sool vervanging

...................
Kontak ons nou! stadenpompe@lantic.net .. 083 287 2026 .. 083 287 2026

Boorgat Installasie Instruksies:


Staden Stelsel opgerol met los komponente.

Rol af die stelsel. 
Maak seker dat daar geen vuiligheid by die pyp inkom nie. 

Komponente: Gryper,Silinder, Forskop, basisplaat en 2 vere, stang,Pyp en tou.

Maak seker dat die tou korrek aan die gryper vasgemaak word. 
Draai die gryper aan die onderkant van die silinder in.
Draai behoorlik vas met kraaibekke.  Nie te styf, aangesien
Gryper staal is en silinder plastiek en die plastiek kan bars.
Koppel nou die silinder en forskop aan weerskante van die stang en gebruik
sluitmoere (locknuts)
Koppel die pyp aan die manlike passtuk (silinder) en die t-stuk
(forskop).  Maak seker dat die pyp verby die o’ ring van die
passtukke gedruk word tot teen die skouertjie.
Draai nou die passtukke behoorlik vas met ‘n kraaibek.
Maak seker dat die tou korrek aan die basisplaat vasgemaak word. 
Die sisteem is nou gereed om in die boorgat gesak te word.
Laat stelsel bo-oor dwarsbalk van die windpomptoring sak om
seker te maak die stang buig - nie te skerp nie.
Hou die tou styf sodat die passtuk in die omhulsel invou en hou
so aan totdat korrekte diepte bereik is.
Laat sak die sisteem tot die t-stuk 5cm vir elke 10m in die gat is
(50m gat = 25cm).
Los nou die tou sodat die grypstuk kan oopval en strek die pyp tot
die t-stuk bokant die blok verskyn.  Gly nou die basisplaat in
(moer met tou na onder) en draai die t-stuk na die regte kant vir
waterlewering.
Maak ketting en vere aan oogmoer vas.  Stel nou die slag in –
Maak seker dat daar speling is sodat die silinder nie bo of onder
kap nie.
Strek nou die vere na boute op sementblok (of verleng en strek na
dwarsbalk)

 







  TUIS ..|.. PRODUKTE ..|.. D.I.Y ..|.. KONTAK ..|.. ENGLISH Design by WebworxX.co.za